Soldatehemel Lyrics & Tabs by Coenie de Villiers

Soldatehemel

guitar chords lyrics

Coenie de Villiers

Album : hartland pop PlayStop

Verwelkom die soldate
wat saamdrom by die hek
sprei oop die palmblare

wat hier langs My troon is plek
Foei, hoe jonk is hulle nie
Veels te jonk om hier te wees
kyk - hul's kwalik nog maar agtien
berei My tafel vir 'n fees
Verwyder elk' medalje
wat herinner aan die pyn
die letsels van die veldslag -
gee hul kos en gee hul wyn
(koor)
Want te kosbaar is dié lewe
om op oorloë te vermors

(koor)
Want te kosbaar is dié lewe
om op oorloë te vermors
ja, anderkant kartetse
wag 'n groter, dieper dors;
Stroop dus die uniform haastig
van die jongeling se rug
en laat hom weer die son voel brand
in 'n onbewolkte lug (x2)
Ontbied al die musikante
gee die soldate nog 'n kans
om van mortiere te vergeet
en op 'n walsmaat hier te dans
Gee hul nooiens vir geslelskap
laat hul moeë oë weer blink
laat hul jeug 'n wyle voortduur
laat hul op die lewe klink
(koor)

Like us on Facebook.....
-> Loading Time :0.0075 sec