Die See by Paternoster Lyrics & Tabs by Coenie de Villiers

Die See by Paternoster

guitar chords lyrics

Coenie de Villiers

Album : hartland pop PlayStop

Die see by Paternoster is 'n ander see meneer
hierlangs ken hy wind en reën en ken hy stormweer
wat grys en koud kombers maak 'n visser nederig hou

ja, hierdie is 'n see, meneer
selfs soeter as 'n vrou
Die see hier by Saldanha, het 'n hart, meneer, ek sweer
hy wis alles van verlange, ken die eensaamheid se seer;
en as die skuite iewers dobber
op die branding van die baai
gee hy kreef diep uit sy brandkluis
ja, daar's vis hier op ons kaai
(koor)
Kom lê vanaand by my, my lief
die see sal aanhou dreun
Ja, lê vanaand by my, my lief

Kom lê vanaand by my, my lief
die see sal aanhou dreun
Ja, lê vanaand by my, my lief
die mishoring sal kreun
en diep-diep in die nanag steeds
die morester bly roep
deurnag wieg my bootjie
in die donker langs jou sloep
In Jacobsbaai se see, meneer,
kan jy jou nette sprei
laat sak maar deur die deining
ja, daar's vis in die kontrei
Die hemel word 'n koepel
waaronder ons kan werk
die see hier word 'n katedraal
en die oseaan ons kerk
Luister na die see, my kind
en luister na die wind
jou hart sal hier kom nesmaak
en die Weskus aan jou bind
(koor)

Like us on Facebook.....
-> Loading Time :0.0065 sec