Net 'n Bietjie Liefde Lyrics & Tabs by Coenie de Villiers

Net 'n Bietjie Liefde

guitar chords lyrics

Coenie de Villiers

Album : Die Beste van Coenie de Villiers Volume 2: LiefdesversiesPlayStop

"Net 'n bietjie liefde!"
eis die kleinste strompelaar;
en eis hiermee die hoogste

wat 'n sterfling kan ervaar.
(koor)
Vra alles behalwe die hoogste
want liefde gevra is te veel.
Vir eindige mensies soos ons is,
is liefde gevra eens te veel.
"Net 'n bietjie liefde!"
is die bakvis se versoek;
maar weet nie dat sy end-uit
na hierdie droom gaan soek.
(koor)
"Net 'n bietjie liefde!"

na hierdie droom gaan soek.
(koor)
"Net 'n bietjie liefde!"
roep die digter radeloos
want sonder hierdie dryfkrag
is sy versies waardeloos
"Net 'n bietjie liefde?"
sug die huisvrou na haar dag.
(Vermoed dat sy 'n leeftyd
op dié wonder gaan bly wag.)
"Net 'n bietjie liefde?"
huil die ou vrou sy's terminaal;
en weet dat sy daarsonder
die laaste grens moet haal.
Mensekinders, almal,
kleuter, digter, swaar bejaarde,
vra rykdom, roem, gesondheid,
vra blinkgeod uit die aarde,
vra alles wat die gode bied,
die wyn, die vrou, die lied -
vra alles behalwe die hoogste
want liefde gevra is te veel,
vra alles behalwe die liefde
want liefde gevra is te veel.

Like us on Facebook.....
-> Loading Time :0.0089 sec