Die Geur van Gom Lyrics & Tabs by Coenie de Villiers

Die Geur van Gom

guitar chords lyrics

Coenie de Villiers

Album : hartland pop PlayStop

Ja, ek was skaars 'n jaar of tien
toe't ek my eie brood verdien;
op 'n straathoek met my kinnerlyf

het ek die ou beroep bedryf
Bedags is ek oor geld verleë
vir 'n aalmoes uit jou BMW
maar snags as ek my flikkers gooi
is jy die jagter, ék die prooi.
(koor)
Dissie myne nie
dissie joune ie
dis 'n anner vrou se man
wat jy na vry (x2)
Wat traak dit mense
waar ek slaap;

wat jy na vry (x2)
Wat traak dit mense
waar ek slaap;
dis oral koud in die winterkaap.
So kom ek om, so kom ek om
van Kaapse reën
en die geur van gom
My antie woon op Mitchell's Plein
met 'n man sonder naam en 'n kan vol wyn
ek slaap soms op die huis se vloer
en droom van 'n ma wat melkkos roer.
My pa se naam is onbekend
sy kind is nou 'n boy for rent
wat leef op coke en halwe brood;
teen twintig moontlik lankal dood
(koor)

Like us on Facebook.....
-> Loading Time :0.0089 sec