Kleintyd Verby Lyrics & Tabs by Coenie de Villiers

Kleintyd Verby

guitar chords lyrics

Coenie de Villiers

Album : Karoonagte (Die Beste) afrikaans PlayStop

Koejawels ruik na Sondae toe ek klein was
En uit die boom se mik gereik het na die son
Maar nou, nou dat die boom nie meer dra nie

Het ek bitter-amandelsmaak leer ken
(KOOR)
Maar soms kom haal die perdewa my nog 'n keer
En ek proe die donker moerbeibloed en ek voel die seer
Van die rowe op my knieë
Wat net 'n botterboom kan gee
Granate langs die grensdraad in die najaar
So helder soos die toekoms van 'n kind
Maar dan vervaag die rooi en vloei die kleure
Tot 'n grysheid wat stom is en blind
(TUSSENSPEL)
Kopersamowar en geelhoutgrein

Tot 'n grysheid wat stom is en blind
(TUSSENSPEL)
Kopersamowar en geelhoutgrein
Kanferfoelielaning en die pyn
Van wonder waar die kronkel-kronkels lei
En of 'n langer lewe so akuut sal bly
(KOOR)
(Herhaal KOOR)

Like us on Facebook.....
-> Loading Time :0.0083 sec