Liefdesraaisel Lyrics & Tabs by Coenie de Villiers

Liefdesraaisel

guitar chords lyrics

Coenie de Villiers

Album : hartland pop PlayStop

Vir jou sal ek lief bly, het sy een nag gesweer
en dit werklik bedoel - het sy later beweer
Ja, ek kry die motor, en sy kry die kind

- om die hofsaak te skik word die liefde weer blind
Beloftes ten spyt is ons só uitmekaar
om elkeen die lewe weer alleen in te vaar;
om ondanks die letsels dalk weer te probeer
want sommige lesse word selde geleer
(koor)
Die liefde is meedoënloos
dit maak jou stukkend,
dit maak jou broos
Al soek jy iewers dieper in -
dit bly steeds 'n raaisel
hoe minaars bemin

Al soek jy iewers dieper in -
dit bly steeds 'n raaisel
hoe minaars bemin
Die onskuld se fleur is vir ewig verby
die minnares in my bed het haar liefde bely
Ko's maak 'n baba, het sy saggies gesê
en ek dink dit was toe wat ons albei wou hê
Maar later, na twaalf, na te veel Chardonnay,
was die oeroue drang vir die nag reeds verby;
haar asem se ritme - reëlmatig en soet,
maar dis jou wat ek mis, wat my snags so laat boet
(koor)

Like us on Facebook.....
-> Loading Time :0.0080 sec