Donkerlig Lyrics & Tabs by Coenie de Villiers

Donkerlig

guitar chords lyrics

Coenie de Villiers

Album : Karoonagte - Die Beste van Coenie De Villiers afrikaans PlayStop

en teen die môre
lê net die kreukels in my laken
en ek met aktetas bewapen

erken die weerkaatsing van my oë se pyn
in die ruitglas van 'n voorsteed'like trein
my vriend jy wat dink die donker bedrieg
kom laat ek jou wys hoe die lig kan lieg
die lig kan lieg
want niemand is veilig teen die tyd nie
sy bitter wraak sy wredenheid nie
glo wat jy wil maar hoor wat ek sê
jou lewe se loop word bepaal deur hoe die dobbelsteen
deur hoe die dobbelsteen lê
want dis 'n mite
dat een mens ooit 'n ander mens kan aanhou

deur hoe die dobbelsteen lê
want dis 'n mite
dat een mens ooit 'n ander mens kan aanhou
die wiel sal eendag kantel
in die guns van die man
wat kon weet waar die waarheid lê
wat die teendeel kon glo
en verwerk wat die wetboek sê
my vriend jy wat dink die donker bedrieg
kom laat ek jou wys hoe die lig kan lieg
die lig kan lieg
want niemand is veilig teen die tyd nie
sy bitter wraak sy wredenheid nie
glo wat jy wil maar hoor wat ek sê
jou lewe se loop word bepaal deur hoe die dobbelsteen
deur hoe die dobbelsteen lê

Like us on Facebook.....
-> Loading Time :0.0127 sec