Lola van Luanda Lyrics & Tabs by Coenie de Villiers

Lola van Luanda

guitar chords lyrics

Coenie de Villiers

Album : hartland pop PlayStop

Daar's 'n hamer en 'n sekel teen die witgekalkte muur
van die Portugese kroeg en kabaret
en binne sit soldate en drink whiskey uur na uur

en droom van vrede en van vroue en van bed
As dit nag word oor Angola
sny 'n man se hart weer spoor
tot in die suide waar 'n minnares dalk wag
en daar buite woed die oorlog
maar hulle's hier om haar te hoor
en vir 'n oomblik weer te glo en weer te lag
(koor)
Hul noem haar Lola van Luanda
en sy dans hier aand na aand
in die kollig wat haar vasvang soos 'n mot
sy ken hartstog, sy ken heimwee

en sy dans hier aand na aand
in die kollig wat haar vasvang soos 'n mot
sy ken hartstog, sy ken heimwee
en sy sing daarvan vanaand
sy maak die lewe vir 'n oomblik weer genot
Lola van Luanda sing
wat soldate graag will hê:
en as die laaste note wegsterf
het sy by elke man gelê
In die rokerige kamer hang die geur van gin en bier
hier word die oorlog vir 'n oomblik tóg besweer
en vir die manne bring sy vreugde
aan 'n soldaat gee sy plesier
wat hom dalk later teen die vyand sal verweer
In haar hare is daar kamme
twee van goud, een van ivoor
en aan haar borste is daar tossels wat sy swaai
Ja, haar lyf is pure wellus
maar sy't reeds die stryd verloor
teen die heupe wat haar ouderdom verraai
(koor)

Like us on Facebook.....
-> Loading Time :0.0092 sec