Karoonag Lyrics & Tabs by Coenie de Villiers

Karoonag

guitar chords lyrics

Coenie de Villiers

Album : Karoonagte - Die Beste van Coenie De Villiers afrikaans PlayStop

As die nag sy baadjie toeknoop oor die veld
en die diereriem sy blink tot teen die skeripoen laat lê;
as die tweeling en die kreef

kotteljons oor Beaufort-Wes
en die maan sy beker skink oor Graaff-Reinet
(koor)
Ruik jy katbos en kambro
as dit reën in die Kleinkaroo
My hantamwind
My optelkind
vanaand
In die môre as dit blou word
en die amber wolke roer
as die son sy eerste lig
oor die bitterboela stoot;

en die amber wolke roer
as die son sy eerste lig
oor die bitterboela stoot;
as die trein by Noupoort fluit
en dit wegraak in die wind
en 'n tolbos iewers vaswaai teen die rant
(koor)

More tracks of "Coenie de Villiers"

Like us on Facebook.....
-> Loading Time :0.0059 sec