Visserman Lyrics & Tabs by Theuns Jordaan

Visserman

guitar chords lyrics

Theuns Jordaan

Album : Vreemde Stad goeie musik hou so aan PlayStop

Visserman
Theuns Jordaan
Inleiding

Staan daar met jou siel, in die diep blou seep.
Die golwe se geroep, trek jou in en voer jou mee.
Ek wonder wie jy is, ek wonder wat jy sien?
Ek wonder of dit rustig is, vir jou mens masjien?
Die winde is koud, en die lig is grys.
Maar dit is jou wêreld en daar word jy wys.
Die dag is verby, skuins voor sewe.
Jy rol die lyne op, elke dag van jou lewe.
Het jy verloor, of het jy gewen?
Soek jy 'n kans, om my wêreld te ken?
My wêreld het son, jou wêreld het reën.
Jou wêreld het rots, en myne net steen.

Soek jy 'n kans, om my wêreld te ken?
My wêreld het son, jou wêreld het reën.
Jou wêreld het rots, en myne net steen.
Instrumenteel.
Ek sit hier met siel, langs die water.
By kerse en klanke, wêreld se alma mater.
Ek wonder wie jy is, en ek wonder hoe jy lyk?
Ek wonder hoe dit voel, om in jou bloues te kyk.
Hier binne is dit snoesig, die ruite mooi skoon.
Maar is dit my plek, my gekose droom?
Oorkant die tafel 'n leë stoel.
My ander Melanie, die vir jou bedoel.
Het jy verloor, of het jy gewen?
Soek jy 'n kans, om my wêreld te ken?
My wêreld het son, jou wêreld het reën.
Jou wêreld het rots, en myne net steen.
Ja, myne net steen.
Instrumenteel.
Het jy gewens, dat jy binne kon wees?
Wil jy kerse sien, spyskaarte lees?
Sou dit ooit werk, as ons plekke kon ruil?
Sou jy binne lag, en ek buite huil?
Ek weet jy's uit jou plek, hulle hou vir die gek.
Ek weet my hart is buite, aan jou kant van die ruite.
Ek en leef in twee wêrelde.
In myne die son, en in joune die reën.
Maak is niks minder, as jy alleen.
En ek is niks meer, as jy geseën.
Woorde geneem van die CD: Vreemde Stad

Like us on Facebook.....
-> Loading Time :0.0090 sec