Stormstilte Lyrics & Tabs by Glaskas

Stormstilte

guitar chords lyrics

Glaskas

Album : Revolusie, Romantiek, Ruk en RolPlayStop

Dis hoogtyd vir 'n donderstorm uitbarsting Na die onhanteerbare hitte Maar ek is bang om weer te kom tot my sinne Want jou woorde van gistr'aand dring my hart Steeds stadig-maar veels te seker te binne... Ek droom, droom, droom terwyl ek soek na jou Ek soek na jou, en ek soek net 'n bietjie verligting... Want my hart raak al veels te swaar Om orals saam met my rond te dra Ek soek erens om dit neer te sit... En my oe.my oe is al moeg getraan Ek soek tyd om net bietjie rustig teraak En 'n kans om jou weer te vind... Ek voel blind, en ek voel so dwaas Maar tog is ek so seker van my saak Hierdie saak wat almal uit proporsie uit blaas Ek voel gelukkig, maar niemand laat my vry Niemand-behalwe jy Ek twyfel, twyfel, twyfel terwyl ek Antwoord op die wereldse vrae Hulle soek antwoorde en hulle soek 'n logiese verduideliking Maar daar's iets, ja iets, wat hulle nie verstaan Iets wat hulle harte te bowe gaan Miskien is hulle net te veel met gewone dinge gepla Dis veels te gewild om normaal te bly en Veels te gewild om almal om jou te vlei... en te vergeet om jou foute te bely


Like us on Facebook.....
-> Loading Time :0.0081 sec