Golflengte Verkeerdom Lyrics & Tabs by Glaskas

Golflengte Verkeerdom

guitar chords lyrics

Glaskas

Album : Engele Wat Skree afrikaans PlayStop

Soms kom die twyfel terug en dan wonder ek wie ek is en
Jy het dit mos nooit van my verwag nie
Almal lyk dan so gelukkig

Het jy al jouself gevind?
Vermy jy net die waarheid? Of is jy regtig blind?
En dis te maklik om goed te doen wat
Niks beteken nie net om almal tevrede te stel
En dis te maklik vir almal om alles prys te gee
Ter wille van 'n onvervulde self
Want glimlag vir ander mense en nooit, ooit huil nie
Solank jy net nie in die spieël hoef te kyk nie
Maar ek ervaar alles verkeerdom
En al antwoord op al my vrae
Is "Hoekom?"
En ek wens ek kon vir jou wys

En al antwoord op al my vrae
Is "Hoekom?"
En ek wens ek kon vir jou wys
Hoe my werklikheid lyk
Maar ek wonder of jy dit sal verstaan
Alles draai presies uit soos wat ek
Dit nie voorgestel het nie en
Ek wens ek kon myself weer vind
Tussen alles wat so onnodig,
Maar onvermydelik is
Want dis te maklik om goed te doen wat niks
Beteken nie, net om jouself te laat geld
Dis te maklik vir almal om
Hartgebroke voor te kom
Sodat jy ook jou storie kan vertel
Maar ek ervaar alles verkeerdom
En al antwoord op al my vrae
Is "Hoekom?"
En ek wens ek kon vir jou wys
Hoe my werklikheid lyk
Maar ek wonder of jy dit sal verstaan
As daar dalk 'n luisteraar daar buite is
Wat weet wat die antwoord is
En as daar dalk iemand daar buite is
Wat kan onthou wat die vraag is –
Bel, en sê vir my jy het dit gekry en
As ek nie beskikbaar is nie
Los 'n raaisel na die sein
Maar ek ervaar alles verkeerdom
En al antwoord op al my vrae
Is "Hoekom?"
En ek wens ek kon vir jou wys
Hoe my werklikheid lyk
Maar ek wonder of jy dit sal verstaan

Like us on Facebook.....
-> Loading Time :0.0108 sec