Huissiek Gebede Lyrics & Tabs by Van Coke Kartel

Huissiek Gebede

guitar chords lyrics

Van Coke Kartel

Album : Skop, Skiet & DonnerPlayStop

Het jou probeer wakker maak
al sou 'n dag in die bed vir my ook nog leer om jou na te aap
dit was jy, luiaard, wat deur my mond praat.

Die gees het hierdie liggaam verlaat
Moenie jouself oor die lyk bekommer nie
Bedaar, die kis en die grense skuif nou nader aan mekaar
Refrein:
Huissiek gebede wat hoes deur die strate
Dis al lankal te laat
Ons het meer as suurstof nodig
laat die nag ons nie blind maak
Huissiek gebede wat hoes deur die strate
Het nooit die moed gehad
Ek wou jou verneder toe jy my mislei
Jy weet presies wie ek is

Het nooit die moed gehad
Ek wou jou verneder toe jy my mislei
Jy weet presies wie ek is
dis jy, lafaard, wat deur my mond praat
Die gees het hierdie liggaam verlaat
Moenie jouself oor die lyk bekommer nie
Bedaar, met pêrels vir oë maak die skatte in die hemel bymekaar
Refrein (x2)

Like us on Facebook.....
-> Loading Time :0.0050 sec