Morning Star, Durbanville Lyrics & Tabs by Fokofpolisiekar

Morning Star, Durbanville

guitar chords lyrics

Fokofpolisiekar

Album : SwanesangPlayStop

Die ster wat ek volg
Volg tot sonopkoms
Ek verstaan beter as wat jy dink

Soort soek soort
Net die braafste dwase spring oorboord
Tyd leen sy wysheid
Aan wie geduldig wag
Die nag wys sy geheime
Vir die wie se oe
Aan kan pas
Die ster wat ek volg
Volg tot sonopkoms
Soepel en sag
Aan die buitekant
Maar daar's 'n diamant

Soepel en sag
Aan die buitekant
Maar daar's 'n diamant
Waar jou hart moet wees
My skat
Hierdie stad het jou by my gesteel
Ek hoop die waarheid
Kom by jou uit
Om as orgaan te funksioneer
Is gewoonlik onmoontlik
Vir 'n edelsteen
Die ster wat ek volg
Volg tot sonopkoms
Die N1 se stippellyn
Die half geboude brue
Vlieg by my kop verby
Dis vanaand vir nou
Iemand sal begrafnis hou
Hierdie stad het jou by my gesteel
Skemers op strande
Vakansiegangers
Die krag kan maar afgaan
Jy skyn tog helder
Jou rykdom begrawe
Tussen longe en are
Foute maak al maak dit seer
Sweer dat ek sal aandag gee

Like us on Facebook.....
-> Loading Time :0.0073 sec