Neem My Op Vlerke Lyrics & Tabs by Anneli van Rooyen

Neem My Op Vlerke

guitar chords lyrics

Anneli van Rooyen

Album : Treffers Op Versoek a PlayStop

Jy sien die wêreld deur kinders se oë
Hoef nie aan ander se twyfel te glo
Jy is 'n boodskap'n wese wat woordloos verstaan

Jy is die laggende boog wat bly swewe
Hoop wat soos son in my polsslag bly swewe
Op trappe van lig loop jy sag
Jou asem n wolk
Stil soos die nag
Neem my op vlerke Engel, ek wil soos jy
Op duisend reënboë dans net soos jy
Neem my op vlerke Engel, laat my verstaan
Om deur die wêreld met jou boodskap te gaan
Vanuit die poorte van jou vol kastele, kom jy en waak oor die mense
Se treë, gestuur met beloftes verby ruimte en tyd
Sien jy die sterre skyn oor al ons sorge

Vanuit die poorte van jou vol kastele, kom jy en waak oor die mense
Se treë, gestuur met beloftes verby ruimte en tyd
Sien jy die sterre skyn oor al ons sorge
Voel jy die lus vir vandag en more
Jy is n kneg van die lewe, van strewe en rus, net soos jy is.
Neem my op vlerke Engel, ek wil soos jy
Op duisend reënboë dans net soos jy
Neem my op vlerke Engel, laat my verstaan
Om deur die wêreld met jou boodskap te gaan
Is ek alleen, dan hoef ek net te vra
En jy sal kom, jou vreugdesboodskap dra
Neem my op vlerke Engel, ek wil soos jy
Op duisend reënboë dans net soos jy
Neem my op vlerke Engel, laat my verstaan
Om deur die wêreld met jou boodskap te gaan

Like us on Facebook.....
-> Loading Time :0.0088 sec