Karoo Poisoned Lyrics & Tabs by Zinkplaat

Karoo Poisoned

guitar chords lyrics

Zinkplaat

Album : Retrospekulasie afrikaans PlayStop

Goeie more Gemora,
Jy het geslaag,
met die verkragting

van die laaste maagd
Shalom sodom,
Hoekom is ons so dom?
Hoekom is ons so
onopgewasse teen jou uitlaat gasse?
Ons kinders baljaar in riool plasse.
Boor 'n bodemlose pitsweer
en dwarsdeur 'n hartseer.
Spuit dwelms in haar are
verkrag haar voor n skare.
Goeie more Gemora,
Jy het gewaag,

verkrag haar voor n skare.
Goeie more Gemora,
Jy het gewaag,
om die heiligste stilte
uit te daag.
Shalom sodom,
Hoekom is ons so dom?
Hoekom is ons so
uitgelate onversadigbare vrate?
Smeer heuning op ons monde,
vryf sout in ons wonde.
Ek hoop jou geld brand gate
deur jou broek se nate.
Anorganise-orgasme onskuldige oase.
Smeer heuning op ons monde,
vryf sout in hul wonde.
En hierde sonde
laat skuim om ons monde.
Lig my hoed uit die handtam
net die kambroo.
Ek groet uit die tankwa
en die bo-karoo.
'n Blom uit namakwa land,
'n tieroog uit griekwaland.
Kyk my in my oë
en dan boor jy jou pitsweer
dan verkrag jy die maagd weer.

Like us on Facebook.....
-> Loading Time :0.0065 sec