In en Uit Lyrics & Tabs by Die Heuwels Fantasties

In en Uit

guitar chords lyrics

Die Heuwels Fantasties

Album : Wilder as die WildtuinPlayStop

Haar vel was bleek
Bleek deurskynende leer
Haar lippe, tong en oë was skerp

Net soos ‘n akkedis s’n
Partykeer wou ek die masjien afsit
Net om te kyk wat gebeur
In en uit
En eendag was sy weg
In en uit
Ek kry koud op my eie
Soms baklei ons tot oneinde
Dit klink vir my presies dieselfde
As my ouers wat gil deur die huis se gange
Kry jy ook koud op jou eie
Soms baklei ons tot oneinde

As my ouers wat gil deur die huis se gange
Kry jy ook koud op jou eie
Soms baklei ons tot oneinde
Dit klink vir my presies dieselfde
As ons ouers wat gil deur die huis se gange
Sy’t net daar gesit
Swaar haar asem
Longmasjien
In ‘n half muf, half muf sitkamer
Masker met pensioenfonds gehuur
Daar te sit
Op jou stoel met jou bloed wat vir jou staar
Onder ‘n deken wat na bedpan ruik
En eendag was sy weg
In en uit
Ek kry koud op my eie
Soms baklei ons tot oneinde
Dit klink vir my presies dieselfde
As my ouers wat gil deur die huis se gange
Kry jy ook koud op jou eie
Soms baklei ons tot oneinde
Dit klink vir my presies dieselfde
As ons ouers wat gil deur die huis se gange
Dit klink vir my
Dit klink vir my presies dieselfde
Dit klink vir my
Dit klink vir my presies dieselfde
Ek kry koud op my eie
Soms baklei ons tot oneinde
Kry jy ook koud op jou eie
Julle is in ons gebede
Ons is met julle
Julle is in ons gebede
Ons is met julle
Ek kry koud op my eie
Soms baklei ons tot oneinde
Kry jy ook koud op jou eie

Like us on Facebook.....
-> Loading Time :0.0133 sec