Ek Kan Weer In Liefde Glo Lyrics & Tabs by Heinz Winckler

Ek Kan Weer In Liefde Glo

guitar chords lyrics

Heinz Winckler

Album : 'n Spesiale Aand Met Heinz Winckler pop PlayStop

Jy maak dit, so maklik, om op te staan na al die seer.
Ek sien jou, nou langs my, jy was nog altyd daar gewees.
Gebreekte, beloftes, het my weer op my knieë gedwing.

Verlore, gebroke, maar jy het weer die hoop terug gebring.
Jy't my geleer om weer te glo.
En ek, ek kan weer in liefde glo.
Ek kan weer glo aan iets wat groter is as net ek en jy.
Ek, ek kan nou weer asem haal.
Ek kan weer terug gaan na die dae toe ek myself kon wees.
Ek kan weer in liefde glo.
Om my lê, die skerwe, en jy pak alles terug in plek.
Daar's niks meer, verlore.
En nou voel alles weer perfek.
Jy't my geleer om weer te glo.
En ek, ek kan weer in liefde glo.

En nou voel alles weer perfek.
Jy't my geleer om weer te glo.
En ek, ek kan weer in liefde glo.
Ek kan weer glo aan iets wat groter is as net ek en jy.
Ek, ek kan nou weer asem haal.
Ek kan weer terug gaan na die dae toe ek myself kon wees.
Ek kan weer in liefde glo.
Waar sal ons sonder liefde wees?
Jy't my geleer om weer te glo.
En ek, ek kan weer in liefde glo.
Ek kan weer glo aan iets wat groter is as net ek en jy.
Ek, ek kan nou weer asem haal.
Ek kan weer terug gaan na die dae toe ek myself kon wees.
Ek kan weer in liefde glo.

Like us on Facebook.....
-> Loading Time :0.0095 sec