Blameer Dit Op Apartheid Lyrics & Tabs by Koos Kombuis

Blameer Dit Op Apartheid

guitar chords lyrics

Koos Kombuis

Album : Blameer Dit Op Apartheid south africa PlayStop

Daar's diewe in die driveway, daar's gangsters in die pad
daar's ouens by die traffic light wat jou kar wil vat
hulle steur hulle nie aan heinings nie, burglar bars is nutteloos

die hele land is vol Satan, die hele land is boos
Bele jy geld in Masterbond, verloor jy dit te gou
pos 'n brief by Telkom dan verdwyn dit in die blou
die regering gee nie om nie, die ministers bly stil
selfs die Matie-rektor het sy vingers in die till
Blameer dit op apartheid, blameer dit op De Klerk
blameer dit op ou Satan, of blameer dit op die kerk
die hele land vol onrus, fokkol werk en fokkol geld
die Here is op holiday en die duiwel is nou los
hulle doel is net om tickets op geel strepe aan te steek
jy kan maar raas en toeter, jy kan maar vloek en rape
moet net nie dat die twintigsent in jou parkeermeter verstryk

hulle doel is net om tickets op geel strepe aan te steek
jy kan maar raas en toeter, jy kan maar vloek en rape
moet net nie dat die twintigsent in jou parkeermeter verstryk
Alex Borraine stel nie belang nie, Mbeki is oorsee
Trevor Manuel is gou gym toe en Zuma roer haar rooibostee
Blameer dit maar op Vlakplaas, blameer dit op De Kock
Blameer dit op die army en die polisiemag wat als opfok
Daar gebeur so baie skandes in elke blerrie taal
Daar verdwyn so baie skoolkinders, hulle prentjies pryk op elke paal
daar's diewe in jou driveway wat jou BMW wil steel
daar's plakkers in die pastorie met messe teen jou keel

Like us on Facebook.....
-> Loading Time :0.0087 sec