Luierliedjie Lyrics & Tabs by Koos Kombuis

Luierliedjie

guitar chords lyrics

Koos Kombuis

Album : Equilibrium rock PlayStop

Partykeer is hy vrolik soos ‘n deuntjie, dan wil ek hom kiellie tot hy lag
Partykeer lyk hy almeer ‘n seuntjie, die liefde in sy oë is oop en sag
Hy's net ‘n bondel energie en wilde wense, selfs as hy sanik in my arms deur die nag

Ek sal hom uitken tussen duisend ander mense,
jy sê hy's lelik, maar vir my is hy te pragtig
Koortjie:
Dis die luilekker, luierlekker lewe, dis die opstaan en die swaarkry in my vaak
So ‘n luierlekker, luierlekker lewe
Dis die geploeter en gefoeter met sy doeke en sy goeters wat my moeg maak
Dis wat my so moeg maak
Hy's roekeloos en rond net soos ‘n rympie, of ‘n wysie wat herhaal word elke uur
Hy's ook die stront in die mond van die vroee more stond
Want hy pis net soos hy lus is en hy poep so gesond
So baie plekke waar hy lek, so baie gate waar hy stink
Soveel spoeggies en gedroggies op sy lyf rond,

Want hy pis net soos hy lus is en hy poep so gesond
So baie plekke waar hy lek, so baie gate waar hy stink
Soveel spoeggies en gedroggies op sy lyf rond,
soveel spoeggies en gedroggies oor sy lyf rond
Koortjie:
Dis die luilekker, luierlekker lewe, dis die opstaan en die swaarkry in my vaak
So ‘n luierlekker, luilekker lewe
Dis die geploeter en gefoeter met sy doeke en sy goeters,
Al hoe later en hoe kwater tussen bake warm water
En die reuk van bitter akkies en sy bolle bolle kakkies wat my moeg maak
Ooo, dis wat my so moeg maak…sies!

Like us on Facebook.....
-> Loading Time :0.0064 sec