Trapsgewys Lyrics & Tabs by Coenie de Villiers

Trapsgewys

guitar chords lyrics

Coenie de Villiers

Album : Die Beste van Coenie de Villiers Volume 2: LiefdesversiesPlayStop

Teerheid is 'n vlinder
'n papillon d'amour:
vervlietend nes 'n blomgeur

ontwykend soos toujours
Jou hartsog is robyne -
'n vuur gevang in glas:
dit smeul nes ou ballades
soos kole onder as.
Jou wreedheid is 'n springmes
geslepe en presies
ontwerp na jou behoeftes
verseker teen verlies
Jou kilheid is 'n yspriem
wat lig breek soos kristal
en breek tot lig versplinter

Jou kilheid is 'n yspriem
wat lig breek soos kristal
en breek tot lig versplinter
en swart word om sy val.
(herhaal vers 3 en vers 1)

Like us on Facebook.....
-> Loading Time :0.0090 sec