Sout Van Die Aarde Lyrics & Tabs by Stef Bos

Sout Van Die Aarde

guitar chords lyrics

Stef Bos

Album : KloofstraatPlayStop

Hulle glo in legendes Van riviere wat praat Van leeus wat kan dans In die lig van die maan Die lewe is hard Maar die hartseer is sag Digby die hemel Ver van die stad Die Khoi in die vlakte Die boer in Namakwa Die visser wat uitvaar In Noup en Saldanha Die sout van die aarde Die stem van die see Daar waar die vuur brand Daar wil ek wees En ons sluit die deure Aan die eind van die dag Bang vir die donker Bang vir die nag Ons het verover Maar wat het ons gewin Die lig van die goud Het ons dikwels verblind Ons het nooit geleer Sonder wapens te veg Bang vir die vijand Wat skuil in onsself Dis n kuns om te luister Naar die stem van die see Om naar die wolke te kyk Soos n boek wat jy lees Die volk in die vlakte Die San en die Griekwa Die visser wat uitvaar In Noup en Saldanha Die sout van die aarde Die stem van die see Daar waar die vuur brand Daar wil ek wees Hulle leef die seisoene Hulle waai met die wind Traag soos n ou man Speels soos n kind En in al die koerante Lees jy nooit hulle naam Hulle is byna onsigbaar Jy sien hulle nie staan Namakwa, Sodwana Kassiesbaai, Noup Dat wat geluk is Kan jy nie koop Dis die moeilijkste ding Om eerlik te wees Soos die sout van die aarde En die stem van die see


Like us on Facebook.....
-> Loading Time :0.0042 sec