Sion Lyrics & Tabs by Bobby van Jaarsveld

Sion

guitar chords lyrics

Bobby van Jaarsveld

Album : Wat Geld Nie Kan Koop Nie bobby van jaarsveld PlayStop

Voor jy al hier was, het jy lankal bestaan
Voor God gespeel en in Sy Hemel gedans
Hy roep ‘n naam oor jou wat jy sal hou

Daar op my knieë het ek Die Vader gevra
Om my te help dat ek dit beter verstaan
Toe gee Hy my ‘n seun ek's bly dis jy
En nou's jy hier en ‘n pa se hart
Is gebore hier in my
Want ek is lief vir jou
Jy is my seun ek dink die wêreld van jou
Ek is jou pa en ek is altyd by jou
Ek is daar vir jou
Tot die dood sal ek baklei vir jou
Dis my gebed vir jou dat jy dit sal wees
Wat God gedroom het oor jou

Tot die dood sal ek baklei vir jou
Dis my gebed vir jou dat jy dit sal wees
Wat God gedroom het oor jou
Daar is ‘n storie wat geskryf is oor jou
Solank jy onthou
Jy's my rots, my seun, my trots, my berg Sion
Net soos ‘n pa so sal die seun dit verstaan
Deur die geslagte sal jou naam vooruit gaan
Gesëende van God vrede vir jou
Toe ek jou sien het ek myself weer gevind
Ek is gebore deur die oë van my kind
Ek het my siel se roep in jou gekry …
En nou's jy hier en ‘n pa se hart
Is gebore hier in my
Dis my gebed vir jou dat jy dit sal wees
Wat God gedroom het oor jou
Daar is ‘n storie wat geskryf is oor jou
Solank jy onthou
Jy's my rots, my seun, my trots, my berg Sion
Ek bid dat jy altyd sal weet dat ek
Lief vir jou is en dat God jou hand vashou
Hy is deel van jou
Want Hy is lief vir jou
Jy is Sy seun Hy dink die wêreld van jou
Hy is jou pa en Hy is altyd by jou
Hy is daar vir jou
Tot die dood het Hy baklei vir jou
Dis my gebed dat jy
Jy dit sal wees wat God gedroom het oor jou
Daar is ‘n storie wat geskryf is oor jou
Solank jy dit weet
Jy's my rots, my seun, my trots, my berg Sion
My seun my trots
Jy's my berg Sion …

Like us on Facebook.....
-> Loading Time :0.0098 sec