Oorlog van die Lem Lyrics & Tabs by Koos Kombuis

Oorlog van die Lem

guitar chords lyrics

Koos Kombuis

Album : Blou Kombuis south africa PlayStop

Die babbelaas was fokkol teen die bomskok, die anargie was fokkol teen die opfok
Die nagmerries was fokkol teen die elke dag se vrees
Die jippo guts was fokkol teen die stories wat jy lees

Van crack in die lokasies en messe in die straat
Is steeds gister se oop wonde wat nog oopbloei, wat nog praat
Dis die etter in die sweer van '48 se vloek,
dis die trane wat ons inhou, al die name in God's boek
Van die maters van die struggle, en die heroes sonder stem
Dit was afrika se vuurdoop, dit was die oorlog van die lem
wat loop en krap in vullisblikke, en wat sterf in ongelukke
soos die mini-bussies omval en die tsotsies skree en skiet.
In hierdie land van bloed en weerwraak, hierdie skrikkeljaar-gebied
Tussen die rainbow en die riots, die Rizlas en die rush
En die skrale troos van Castle vir al die swartes sonder pas
Tog vlam ons hoop weer redeloos oor die sunset van ons taal

Tussen die rainbow en die riots, die Rizlas en die rush
En die skrale troos van Castle vir al die swartes sonder pas
Tog vlam ons hoop weer redeloos oor die sunset van ons taal
Wat doen ons in two thousand, dra ek ‘n trui of slaap ek kaal?
Is daar ‘n method in die madness van ‘n baie ou verhaal?

Like us on Facebook.....
-> Loading Time :0.0135 sec