Jonk In My Kop Lyrics & Tabs by Stef Bos

Jonk In My Kop

guitar chords lyrics

Stef Bos

Album : KaalvoetPlayStop

Ek kyk na die klok Die tyd gaan verby Staan op in die oggend My spiere is styf Maar in my gedagtes Is ik eindelik vry Jonk in my kop Oud in my lyf Ek was 16 jaar Hartseer en pyn Verlief op ‘n meisie Wat ek nie kon kry Ek was so ernstig en diep My gedagtes was grys Ek was toe oud in my kop En jonk in my lyf Dis goed om te wees Waar ek nou is Jy maak my nie mal nie Ek weet wie ek is Ek is nie meer lus nie Om te mors met my tyd Jonk in my kop Oud in my lyf Daar ‘s pragtig jong meisies Hier in die land Maar om eerlik te wees Hulle maak my nie warm Skoonheid is mooi Maar ervaring is meer Soos 'n vrou wat het geleer Om haarself uit te sorteer My rug is ontwrig My hare val uit Ek benodig ‘n bril Om na die wêreld te kyk Maar in my verbeelding Sien ek soveel meer Die angs vir die einde Beheer my nie meer Dis goed om te wees Waar ek nou is Jy maak my nie mal nie Ek weet wie ek is Ek weet wat nou saak maak Mors minder my tyd Jonk in my kop Oud in my lyf Ek staan op in die oggend My spiere is styf Ek sien in die spieël Die tol van die tyd Daar's baie gebreke Waaraan ek ly Ek is 'n kar wat geroes is Maar ek kan nog ry


Like us on Facebook.....
-> Loading Time :0.0125 sec