Bartolomeu Dias Lyrics & Tabs by Carike Keuzenkamp

Bartolomeu Dias

guitar chords lyrics

Carike Keuzenkamp

Album : My Treffers under 2000 listeners PlayStop

Die seilskip se kriste voor, met kaptein Bartolomeu.
Vaar langs die woeste kus van Afrika.
In die naghemel wink, vreemde sterre so blink.

Ons voel verlore, ver van Portugal.
Hys nou die seile hoog, tuur met jou seemans oog.
Waar is die Kaap, waar is die eindpunt van Afrika?
Laat ons terugdraai, na 'n vriendelike kaai.
Bartolomeu Dias, ons wil huistoe gaan.
By Walvisbaai verby, geen Kaap kon ons nog kry.
Die stormwinde waai ons by Kersfees verby.
Die Nuwe Jaar gee, net meer son en meer see.
Ons voel verlore, ver van Afrika.
Hys nou die seile hoog.Hys nou die seile hoog.
Tuur met jou seemans oog. Tuur met jou seemans oog.
Waar is die Kaap, waar is die eindpunt van Afrika?

Hys nou die seile hoog.Hys nou die seile hoog.
Tuur met jou seemans oog. Tuur met jou seemans oog.
Waar is die Kaap, waar is die eindpunt van Afrika?
Laat ons terugdraai, na 'n vriendelike kaai.
Bartolomeu Dias, ons wil huistoe gaan.
Ooswaarts het ons gedraai, geland by 'n Mosselbaai.
Die klipkruis geplant op die bodem van Afrika.
Nog lê drie dae Oos, die bemanning word boos.
Bartolomeu Dias, ons moet huistoe draai.
10 jaar is lank verby, maar Indië moet hy nog kry.
Met Da Gama, vaar hy weer om Afrika.
Maar die Kaap van storms, het sy geweld laat geld.
En Bartolomeu Dias, sterf by Afrika.
Hys nou die seile hoog. Hys nou die seile hoog.
Tuur met jou seemans oog. Tuur met jou seemans oog.
Waar is die Kaap, waar is die eindpunt van Afrika?
Nooit sal jy verhuis, van die Suiderkruis.
Bartolomeu Dias, rus by Afrika

Like us on Facebook.....
-> Loading Time :0.0066 sec