Swartvrou Lyrics & Tabs by Stef Bos

Swartvrou

guitar chords lyrics

Stef Bos

Album : KaalvoetPlayStop

Sy's ‘n swart vrou van die Ooskaap Wat getrek het na die stad Lank gelede ver van huis En die lewe was soms hard Twee kinders met ‘n man Wat haar gelos het en verdwyn Maar sy het nooit ophou sing Al het sy swaar gekry Izaninonke Sikulele Sikule ingomenemandi Ek is ‘n witman van die noorde Ek het gereis na hierdie land Ek het my toekoms hier gevind En ‘n hawe vir my hart En ‘n horison van woorde En ‘n wêreld vol musiek En ‘n swartvrou uit die Ooskaap Wat my geleer het om te sing Izaninonke Sikulele Sikule ingomenemandi Die wêreld is mal En die vrede is ver Maar daar is altyd nog iets Waarvoor ons kan veg Want die liefde is daar En ons is nog hier En ons het deur die tyd Die gevolge gesien Van die angs vir die ander Die wit en die swart Maar al wat hier saak maak Is die kleur van die hart En ek weet daar‘s geweld En die haat maak ons blind Maar ek glo in die swartvrou Wat my het leer sing


Like us on Facebook.....
-> Loading Time :0.0094 sec