Kry Jou Gat In Rat Lyrics & Tabs by Stef Bos

Kry Jou Gat In Rat

guitar chords lyrics

Stef Bos

Album : KaalvoetPlayStop

Jy staan langs die kant Jy gee jou kritiek Jy sê die wêreld En die mense is siek Die tv sleg Koerante swak Sisteem is vrot En die volk in die kak Moenie kyk nie Na die politiek Dis gemors van tyd En dit maak jou siek Klim die berg Om die boere te vererg Kom aan Bobbejaan Kom aan Los jou angs en volg jou hart Word ‘n skilder en kleur jou dag Kry jou gat in rat Want jy kla oor dit En jy kla oor dat Jy kla oor die tou By die bank in die stad Hulle steel jou geld En die diens is swak Kla oor die taxis Wat ry soos mal Kla oor die Rand Wat val en val Met jou dappermuis anargie Afrikana romantiek Met jou prozac en jou brandy Jy is nie meer jouself nie Los jou angs en volg jou hart Word ‘n skilder en kleur jou dag Kry jou gat in rat Jy kla oor dit En jy kla oor dat Moenie wag nie tot die sterre val Moenie wag nie tot die hemel kom Moenie wag nie vir die goue tyd Moenie wag nie vir 'n ewigheid Kry jou gat in rat


Like us on Facebook.....
-> Loading Time :0.0066 sec