Ek En My Bottel Lyrics & Tabs by Stef Bos

Ek En My Bottel

guitar chords lyrics

Stef Bos

Album : KaalvoetPlayStop

Ons lê hier langs die pad Ek en my bottel Die mense loop verby Dis vroeg in die oggend Ons lê hier soos geliefdes Verstrengel in mekaar Sy is leeg van my Ek is vol van haar Ek was ‘n paar jaar in die weermag Geveg daar op die grens Die bos daar het my mal gemaak Maar nou is ek weer ‘n mens Ek het die land hier sien verander Selfde storie ander boek Ek is die bruinman in die middel Nooit wit of swart genoeg nie Sy is alles wat my reg hou Sy is al wat my laat val Sy is die liefde van my lewe Sy's my Heelal Sy's my sonde my verlange Sy's my honger en my dors Sy's is die onmag wat my vashou Sy's die vrou Wat my nooit sal los nie Ek is ‘n swerver in die stad hier Slaap daar buite by die hek Van die Kompanjie se tuine Voor die useless parlement Waar hulle praat en praat en praat Oor die toekoms van die land Ek lê daar buite en ek slaap Met ‘n bottel in my arms Sy is alles wat my reg hou Sy is al wat my laat val Sy is die liefde van my lewe Sy's my Heelal Sy's my sonde my verlange Sy's my honger en my dors Sy's is die onmag wat my vashou Sy's die vrou Wat my nooit sal los nie En ek droom soms van‘n meisie Met rooi lippe Wat met my dans Tot anderkant die maan Verby die wolke Verby die sterre Daar waar die hemel nog bestaan My bottel My booze My Lullaby My blues My hemel My hel Die naam Op my vel My sonde My verlange My honger My dors Die onmag wat my vashou Die vrou Wat my nooit sal los nie Sy is alles wat my reg hou Sy is al wat my laat val Sy is die liefde van my lewe Sy's my Heelal


Like us on Facebook.....
-> Loading Time :0.0162 sec