Wonder Bo Wonder Lyrics & Tabs by Die Heuwels Fantasties

Wonder Bo Wonder

guitar chords lyrics

Die Heuwels Fantasties

Album : Wilder as Die WildtuinPlayStop

Jy kan sê dis al’s per toeval
Dis maar hoe dit is
Twee mense wat mekaar ontmoet

Deur die noodlot so beslis
Ek was al vantevore
Hier waar ons ons bevind
Waar mens ewigdurig trou beloof
Maar jy’s later onbemind
Maar jy krap my soos die maan
Die gety se eb en vloed
Jy laat my dalk weer glo
En jy gee my dalk weer moed
Want wonder bo wonder
Uiteraard onbeplan
Hoe vat ons nou hierdie ding verder?

Want wonder bo wonder
Uiteraard onbeplan
Hoe vat ons nou hierdie ding verder?
En hoe keer ons dit dan?
Uiteraard onbeman
As alles weer in mekaar inval
Sal jy my oortuig
Om die stukke weer op te tel
So word ‘n mens versigtig
So word mens katvoet wys
As almal iewers heengaan
Bly ek dikwels tuis
Het ek later te veel letsels
Wat soos soeweniers die hart
Laat huiwer en versigtig maak
Jy hou hom liefs apart
Maar jy krap my soos die maan
Die gety se eb en vloed
Jy laat my dalk weer glo
En jy gee my dalk weer moed
Want wonder bo wonder
Uiteraard onbeplan
Hoe vat ons nou hierdie ding verder?
En hoe keer ons dit dan?
Uiteraard onbeman
As alles weer in mekaar inval
Sal jy my oortuig
Om die stukke weer op te tel
Uiteraard onbeplan
Hoe vat ons nou hierdie ding verder?
En hoe keer ons dit dan?
Uiteraard onbeman
As alles weer in mekaar inval
Sal jy my oortuig
Om die stukke weer op te tel
Uiteraard onbeplan
Hoe vat ons nou hierdie ding verder?
En hoe keer ons dit dan?
Uiteraard onbeman
As alles weer in mekaar inval
Sal jy my oortuig
Om die stukke weer op te tel

Like us on Facebook.....
-> Loading Time :0.0059 sec