Jou Land Lyrics & Tabs by Stef Bos

Jou Land

guitar chords lyrics

Stef Bos

Album : KaalvoetPlayStop

Ek is ‘n vreemde hier Ek het my land gelos Ek het jou pad gekruis Ek het jou spoor gevolg Jy het gesê gaan terug Moenie op my vertrou Maar jy is ‘n deel van my Hoe kan ek sonder jou En ek weet Die toekoms is onseker En die donker is digby En ek weet ons wag ‘n lang reis Reg deur die woestyn Maar jou land is my land Jou volk is my volk Jou taal is my taal Jou God is my God Jou droom is my droom Jou pad is my pad Jou toekoms my toekoms Jou hart is my hart Ek weet jou volk is bang Vir ons wat anders is Maar ek sal brugge bou Daar waar die afgrond is En ek sal terugverlang Wanneer die wind sal waai Wat uit die suide kom Van my geboorte grond Maar ek sal sterk wees En ek sal oorleef Want ek wil naas jou staan Al sal dit moeilyk wees Maar jou land is my land Jou volk is my volk Jou taal is my taal Jou God is my God Jou droom is my droom Jou pad is my pad Jou toekoms my toekoms Want jy is my dag en nag En jou huis is my huis Jou angs is my angs Jou stilte my stilte Jou land is my land


Like us on Facebook.....
-> Loading Time :0.0092 sec