Hoenderman Lyrics & Tabs by Kobus!

Hoenderman

guitar chords lyrics

Kobus!

Album : Kobus!PlayStop

Ek skrik wakker in die nag en gewaar 'n vreemde vent
Doodstil in die maanlig aan my bed se voetenent
Met vere om sy kiewe en 'n rooi kuif oor sy kop

Sy mond 'n skewe snawel, sy geel oë hou my dop
Verskrik sit ek regop en vra, "Wat wil jy hê?"
Langs sy skurwe pote sien ek 'n reuse eier lê
Sy arms hang soos vlerke, sy bors 'n veerkombers
Groen en geelbruin merke in die liggie van my kers
Ek kruip toe stadig nader, en kyk in sy gevreet
Sy ronde tongetjie bibber en toe laat hy my weet dat ek moet
Dit was die Hoenderman
Hoenderman die kyk vir my en ek kyk terug vir hom
Die kloekende klanke uit sy snawel klink soos 'n gebrom
Ek gaan toe na die yskas en sê, "Soek jy 'n bier?"
Die Hoenderman die knik sy kop, dit lyk of hy iets wil vier

Die kloekende klanke uit sy snawel klink soos 'n gebrom
Ek gaan toe na die yskas en sê, "Soek jy 'n bier?"
Die Hoenderman die knik sy kop, dit lyk of hy iets wil vier
Ek kry vir ons twee biere en gee vir hom 'n dop
Die Hoenderman lig sy linkerpoot en begin my vloer te skrop
Hy krap merke op my vloere en ek sê, "Hey, hou op!"
Maar die Hoenderman die down sy bier en vra vir nog 'n dop!
Sy hoenderkop gee 'n knikkie en hy sprei sy vlerke oop
Pap druk hy sy blikkie en toe begin hy laat loop met nog 'n
Dit was die Hoenderman!
Die Hoender drink toe al my bier
En verdwyn in die nag
Ek staan alleen in my kamer
En my brein voel nog steeds sag van al sy
Toe word ek wakker die volgende aand
Met 'n huis vol hoenders
Hy't sy hele familie saam
Dit was die Hoenderman

Like us on Facebook.....
-> Loading Time :0.0064 sec