Hakieshart Lyrics & Tabs by Theuns Jordaan

Hakieshart

guitar chords lyrics

Theuns Jordaan

Album : Vreemde Stad goeie musik hou so aan PlayStop

Hakieshart
Theuns Jordaan
Inleiding

Ek sien dit lankal aankom.
Maar my hart, verklaar my stom.
Sy snare in die reën trek krom.
Want krakies kraak.
Al is hulle goed vermom.
Want 'n gaatjie wat lek, word 'n gat.
'n Storm in 'n wynglas sal spat.
Nou's my spore net stof langs die pad.
Want die hakies aan my hart is te swak.
Ja, die hakie aan my hart is te swak.
Elke keer het ek gedink dit sal kwyn.
Maar die ligte het net rooier geskyn.

Ja, die hakie aan my hart is te swak.
Elke keer het ek gedink dit sal kwyn.
Maar die ligte het net rooier geskyn.
En die hoop het met die kere verdwyn.
Want my hart, het ook maar 'n buitelyn.
Want 'n gaatjie wat lek, word 'n gat.
'n Storm in 'n wynglas sal spat.
Nou's my spore net stof langs die pad.
Want die hakies aan my hart is te swak.
Ja, die hakie aan my hart is te swak.
Instrumenteel
Nagte dwaal ek in die strate rond.
Wat het dan van ons geword?
Ek wil luister met 'n leë mond.
Soekend na, met 'n plekkie vir my woorde stom.
Want 'n gaatjie wat lek, word 'n gat.
'n Storm in 'n wynglas sal spat.
Nou's my spore net stof langs die pad.
Want die hakies aan my hart is te swak.
Ja,'n gaatjie wat lek, word 'n gat.
En oorvol wyn water spat.
Nou's my spore net stof langs die pad.
Jy't die hakies aan my hart losgehaak.
Jy't die hakies aan my hart saamgevat.
Instrumenteel tot einde.
Musiek en lirieke deur Theuns Jordaan - Uitgewer Theuns Jordaan Production

Like us on Facebook.....
-> Loading Time :0.0073 sec